Mandela-grafsage: Mandla sê hofbevel is foutief; swyg oor “ware redes”

Mandla Mandela

Mandla Mandela, ʼn kleinseun van oud-pres. Nelson Mandela, gaan nie Woensdag se hofbevel teenstaan wat bevind het drie van Mandela se kinders se oorskot moet na grafte in Qunu teruggeskuif word nie.

Mandla het Donderdag ʼn perskonferensie gehou by Mvezo, waar hy die stamhoof is en waar hy die drie Mandela-kinders se oorskot herbegrawe het.

“Ek is nie toegelaat om my kant van die saak te stel nie. Ek gaan nie die saak verder neem nie, dit sal geen doel dien nie,” het hy gesê. Hy wou glo die werklike redes van die kwessie aan die lig bring en sê waarom sy familie teen hom gedraai het.

Mandla sê hy is die afgelope paar dae deur verskeie individue, wat ʼn paar minute van roem en media-aandag ten koste van homself gesoek het, aangeval.

“Dit is die einste familie wat hul eie oupa dagvaar vir sy geld,” het hy gesê met verwysing na Mandela se twee dogters, Makaziwe Mandela en Zenani Dlamini, wat die regte wil bekom oor Mandela se geldsake en kunswerke.

Hy het gesê hy is teleurgesteld oor Woensdag se hofuitspraak en hy is oortuig dit was verkeerd.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Woensdag uitspraak gelewer oor die skuif van die oorskot van Mandela-familielede in die saak teen Mandla.

Regter Lusindiso Pakade het bepaal dat die oorskot van Mandela se kinders na Qunu moet terugkeer. Mandla het vroeër ʼn hofbevel teengestaan wat hom gedwing het om die oorskot te verskuif. Hy het die oorskot in 2011, sonder die goedkeuring van die familie, van Qunu na Mvezo geskuif.

Lees ook:
Oorskot van Mandela-kinders weer opgegrawe
Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak
Hof sê oor Mandela-grafte
Mandela: Grafte sal glo “diamantveld” wees
Mandela-kleinseun gaan dalk interdik teenstaan
Geen oorskot in Mandela-grafte gevind nie
Dringende interdik teen Mandla Mandela
Mandla ontken Mandela-familietwis
Madiba: Konflik glo tydens begrafnis-vergadering
Mandela-familie hou vergadering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.