Mandela in hospitaal opgeneem

Nelson Mandela. Foto: GCIS

Oud-president Nelson Mandela is Saterdag in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem.

“President Jacob Zuma wil graag hiermee in kennis stel dat oud-president Nelson Mandela vandag, 8 Desember, in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem is om toetse te ondergaan,” het Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, in ʼn verklaring gesê. “Soos voorheen gesê is, oud-president Mandela sal van tyd tot tyd mediese toetse ondergaan weens sy ouderdom”. Maharaj sê daar is geen rede tot kommer nie. “President Zuma verseker almal dat dit goed gaan met Madiba en dat daar geen rede tot kommer is nie. Ons wens Madiba die beste toe. Sy mediese span is verseker van ons ondersteuning terwyl hulle na Madiba omsien en seker maak dat hy gemaklik is.” Die presidensie het ʼn beroep gedoen op die media en die publiek om Mandela en sy gesin se privaatheid te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.