Mandela in hospitaal opgeneem

Nelson Mandela. Foto: GCIS

Oud-president Nelson Mandela is Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem.

“President Jacob Zuma wil graag bekendmaak dat…Mandela vandag, 25 Februarie 2012, in die hospitaal opgeneem is,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Madiba kla lankal oor sy buik en dokters voel dat dit behoorlike mediese aandag nodig het.” Dit is nie bekend na watter hospitaal hy geneem is nie. Die presidensie se woordvoerder, Mac Maharaj, wou geen verdere inligting bekendmaak nie. “Ons wil graag die saak hanteer met die nodige privaatheid vir Mandela. Ons sal vir julle nog inligting gee soos dit bekend raak.” Die presidensie het Mandela ʼn spoedige herstel toegewens. “… ons verseker hom [Mandela] van die liefde en goeie wense van alle Suid-Afrikaners en mense regoor die wêreld.” Die presidensie het gevra dat Madiba se privaatheid sowel as die van sy familie gerespekteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.