‘Mandela in hospitaal tot dokters tevrede is’

Mandela. Foto: GCIS

Oudpresident Nelson Mandela sal in die hospitaal bly tot dokters tevrede is dat hy genoeg vordering gemaak het, het president Jacob Zuma gesê.

“Dokters is tevrede dat die vordering wat hy [Mandela] maak konsekwent is met sy ouderdom,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Hulle sê daar is geen krisis nie, maar voeg by dat daar geen haas is om hom huis toe te stuur nie, totdat hulle tevrede is dat hy genoeg vordering gemaak het.” Zuma het ʼn beroep gedoen op die publiek om voort te gaan om Mandela te ondersteun maar ook te verstaan dat hy 94 jaar oud is en uitsonderlike sorg benodig. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het Mandela Dinsdag in die hospitaal besoek. “Hy lyk baie beter,” het Maharaj na afloop van die besoek gesê. Mandela is op 8 Desember in ʼn Pretoria-hospitaal opgeneem vir longinfeksie. Hy het verlede week ʼn prosedure ondergaan om galstene te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.