Mandela in ‘vegetatiewe toestand’

Mandela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die dokters wat Nelson Mandela behandel, sê hy is in ʼn “permanente vegetatiewe toestand” en het sy familie aangeraai om die masjiene wat hom aan die lewe hou, af te skakel, berig AFP.

Volgens AFP het hy hofdokumente gedateer 26 Junie in sy besit waarin die inligting vervat word. Die nuusagentskap berig dat die familie aangeraai is om die masjiene af te skakel. President Jacob Zuma het Mandela intussen vandag in die hospitaal besoek. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, sê Mandela is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand. Zuma het Suid-Afrikaners en die internasionale gemeenskap weereens bedank vir hul volgehoue ondersteuning. “Ons waardeer die liefde en deernis. Madiba ontvang die beste mediese sorg van ʼn span gesondheidspersoneel wat dag en nag langs sy bed is.” Zuma het ʼn beroep gedoen op almal om op 18 Julie aan Mandela-dag, ook Mandela se 95ste verjaarsdag, deel te neem deur 67 minute van hul tyd af te staan deur iets goed vir die mensdom te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marietjie ·

Dis n jammerte dat sy kinders hom so laat ly. Ek dink hulle wil hom aan die lewe hou tot en met sy geboorte dag. Hoekom sal ek nie weet nie….

Kaspaas ·

Ek wil nie eers daaraan dink hoe die land gaan brand as hy gaan koppie neerlê nie – alles wat verkeerd gaan is mos altyd die witmense se skuld.

Paul ·

Kaspaas, glo jy dat God in beheer is? Daar is nou nog mense wat blikkieskos eet wat hulle 1994 opgegaar het, en jy…….?

Carin ·

Ek verstaan nie wat sy familie dink om toe te laat dat hy kunsmatig aan die lewe gehou word nie. Hy verdien om met dignity te gaan.

Sarie van Niekerk ·

Om te dink hierdie uitgerekte lyding en miljoene rande se hospitaalkonstes is alles net vir publisiteitsdoeleindes vir sy kinders en hoofsaaklik vir die ANC! Alles net om nog geld uit die ouman se lewe te maak. Ek is geen Mandela aanhanger nie, maar dit is nou waar die ANC en Zuma veral, al hul bietjie waardigheid wat daar dalk nog mag oor wees in die ANC totaal verloor want “dr. Zuma” se hy het Mandela nog gister besoek en hy is steeds in ‘n kritieke maar stabiele toestand. Mense dit is nog ‘n volle13 dae tot sy verjaardag! Skakel tog in vadersnaam daai masjiene nou af en beeindig die sirkus

Ida ·

Hoe ironies om te dink dat die buitelandse koerante reeds die week van 24 Junie berig het dat Madiba “breindood” is. Hoekom weet hulle “alles” en ons arme landjie met al die narre gaan nogsteeds voort met die sirkus. Vanoggend op die nuus moet ons hoor hoe sy kleinseun dit beaam dat sy oupa ‘n “veggie” is. Besoek Grace, Winnie, sy kinders en kleinkinders hom nog? Jy hoor en sien niks meer van hulle nie. Waar gaan ons land en sy volk heen of gaan hul Madiba balsum en verewig probeer bewaar in ‘n glaskis…….. Kom aan mense, word wakker.

marcelle ·

Die familie wag vir sy verjaarsdag, voordat hulle we’ll die masjiene gaan afsit. Ek is seker dat hulle hom we’ll sal balsum. Laat die natuur oorvat en moenie hom kunsmatig aan die lewe hou nie. Ek kan nie glo dat sy familie en die anc hom so aan die lewe moet hou nie dit is n absoluute skande.

Mariaan ·

Vergeet ‘n oomblik van wie daar le en dink as dit jou geliefde was wat daar gele het of jy so gou die masjiene sou afsit. Die besluit om ‘n masjien af te sit is nie so maklik nie, jy wonder altyd “what if”!

piet ·

JA PAUL JY IS SEKER EEN VAN DIE BLIKKIEKOS MENSE, NOU IS JY HOOG HEILIG. MANDELA IS LANKAL DOOD HULLE SOEK NOG ANTWOORDE BY DIE VOORVADERS MAAR DIE WIL HULLE NIE ANTWOORD NIE. DOEN DIE REGTE DING SPIT HOM IN, DIT IS WAAR HY HOORT ONDER DIE KLUITE.

Piet2 ·

Was jy te lui om n woordeboek te gaan haal ? ” vegetatiewe” dis soos “pavement” en “diskussie” asb, jy is n joernalis !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.