Mandela is stabiel, sê Zuma

Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Dinsdagaand gesê dat hoewel oudpresident Nelson Mandela in ʼn ernstige toestand is, hy die beste mediese sorg ontvang.

Zuma het in ʼn onderhoud op die SABC gesê dat Mandela in ʼn stabiele toestand is. “Ons almal voel dit, dat ons president, die regte pa van demokrasie in Suid-Afrika, in die hospitaal is.” Mandela is vroeg Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem vir ʼn voortdurende longkwaal. “Ek het met die dokters wat hom behandel ontmoet. Hulle het my deeglik ingelig en ek is vol vertroue dat hulle weet wat hulle doen en dat hulle ʼn goeie werk doen,” het Zuma gesê. “Dit is ernstig maar hy is stabiel en ons almal bid vir sy vinnige herstel.” Mandela het gisteraand sy vierde aand in die hospitaal deurgebring. Verskeie familielede het hom die afgelope dae in die hospitaal besoek. Plaaslike en internasionale media kamp intussen steeds uit by die Pretoriase hospitaal waar Mandela glo behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.