Mandela: Joernaliste kamp nou uit by ander hospitaal

Mandela. Foto: GCIS

Joernaliste het by ʼn ander Pretoriase hospitaal begin saamdrom nadat dit aan die lig gekom het dat oud-president Nelson Mandela nié by die 1 Militêre Hospitaal behandel word nie.

EWN het Donderdag berig dat Mandela in ʼn ander hospitaal in Pretoria behandel word maar wou nie die hospitaal se naam bekendmaak nie om Madiba se privaatheid te respekteer. Die presidensie wou egter nie kommentaar lewer op die berig nie. “Die presidensie het gesê dat Mandela in ʼn Pretoriase hospitaal behandel word, maar het nooit die hospitaal se naam bekendgemaak nie om Madiba en sy gesin se privaatheid te beskerm,” het Mac Maharaj, president Jacob Zuma se woordvoerder, gesê. Lees meer hier.

ʼn Groot groep joernaliste van internasionale en plaaslike media het sedert Saterdag by 1 Militêre Hospitaal uitgekamp nadat daar berig is dat Mandela in die hospitaal glo vir longinfeksie opgeneem is. Die joernaliste het egter van Vrydag af buite die Medikliniek-harthospitaal in Arcadia bymekaargekom in ʼn poging om uit te vind waar Mandela behandel word.

Onder dié joernaliste is ʼn span van EWN.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.