Mandela-kinderfonds waarsku oor bedrogspul

Oud-president Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela

Die Nelson Mandela Kinderfonds het die publiek Donderdag gewaarsku oor ʼn bedrogspul wat die Houghton-adres van die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering gebruik.

“ʼn Dokument doen die ronde op die internet en via e-pos waarin donasies vir “Verligting van Wêreldwye Armoede” versoek word,” het Oupa Ngwenya, woordvoerder vir die Kinderfonds, in ʼn verklaring gesê. “Die telefoonnommers en foto van oud-president Nelson Mandela met ʼn logo van Nelson Mandela-dag wat op die briefhoof verskyn, word nie deur die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering gebruik nie.”

Die bedrieërs maak bewerings oor Mandela se testament en maak gebruik van name van Kinderfonds-beamptes. “Alles is vals, bedrieglik en krimineel,” het Ngwenya gesê. Hy maan die publiek om nie geld aan die bedrogspul te gee nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.