Mandela-kleinseun gaan dalk interdik teenstaan

Mandla Mandela

Mandla Mandela, die kleinseun van oud-president Nelson Mandela, gaan glo die dringende interdik teen hom teenstaan.

Sestien aansoekers van die Mandela-familie het Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof ʼn dringende interdik teen Mandla, die Oos-Kaapse premier en die LUR vir gesondheid bekom. Volgens SABC-radio het Mandla glo sy regsverteenwoordiger opdrag gegee om die voorlopige hofbevel teen te staan wat hom sal dwing om die oorskot van drie van die oud-president se kinders weer by Qunu te begrawe.

Die oorskot van Mandela se drie kinders en ander twee naby familielede is glo van Qunu verwyder en in Mvezo, waar Mandla Mandela die hoofman is, begrawe. Die kinders is Mandela se oudste seun Makgatho wat in 2005 oorlede is, sy eerste dogter Makaziwe wat in 1948 oorlede is en Madiba Thembekile wat in 1969 oorlede is.

Lees ook:
Geen oorskot in Mandela-grafte gevind nie
Dringende interdik teen Mandla Mandela
Mandla ontken Mandela-familietwis
Madiba: Konflik glo tydens begrafnis-vergadering
Mandela-familie hou vergadering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ai tog kry die Mandela gespuis nou nie meer genoeg publisiteit uit die sterwende ouman wat in die hospitaal aan masjiene gekoppel is nie? Nou beklei hulle in die hof oor mense wat al meer as sestig jaar dood is se bene en dit alles gaan net oor geld, want die kleinseun (hoofman) sien al hoe klingel die geld in met die dooie bene wat op sy dorp begrawe is. Ek het nuus vir hom niemand gee ‘n duiwel om oor die kinders nie dit gaan ook nie honderd jaar neem dan gee niemand meer om oor Mandela se graf nie. Is die hoofman nie dieselfde kleinseun wat die Grootvlei-myn so opgevoeter en honderde mynwerkers werkloos gelaat het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.