Mandela kleinseun kom lig daarvan af na spoedoortreding

Zondwa Mandela

Oud-president Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa, het lig daarvan afgekom nadat hy die spoedgrens met 92 km/h oorskry het.

Die Star berig dat Mandela, ʼn direkteur by Aurora, Woensdag in die Randburg landdroshof verskyn het op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur. Mandela is op 7 Mei verlede jaar betrap waar hy teen 158 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery het. Volgens die gewysigde Nasionale Padverkeerswet moet iemand wat die spoedgrens in stedelike gebiede met 30 km/h oorskry se lisensie opgeskort word. Landdros Hombakazi Thwele het die aanklagte voorlopig teruggetrek hangende die uitslag van ʼn afleidingsprogram. Dit is egter nie duidelik wat die program behels nie. Mandela sal wel gemeenskapsdiens moet doen. Indien hy die program suksesvol voltooi sal alle aanklagte teen hom laat vaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.