Mandela-kleinseun se erfporsie dalk deel van egskeiding

Mandla Mandela. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Mandla Mandela. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die R3 miljoen wat oudpresident Nelson Mandela vir sy kleinseun, Mandla, agtergelaat het gaan dalk deel vorm van Mandla se egskeiding van sy vervreemde vrou, berig Sunday Times.

Tando Mabunu-Mandela wil glo haar deel van die erfporsie hê aangesien sy en Mandla in 2004 binne gemeenskap van goedere getroud is. Wesley Hayes, haar regsverteenwoordiger, sê hulle sal die trust waar die geld gehou word bekyk om te sien wat dit oor Mandla se erfporsie sê. “Vir nou gaan ons voort met die egskeidingsprosedures,” het Hayes aan die koerant gesê. Mandla het nie op navrae reageer nie. Die Nelson Rolihlahla Mandela-familietrust sal besluit of Mandla die kapitaal en rente gaan ontvang. Mandla en sy vervreemde vrou is sedert 2009 in ʼn bitter egskeidingstryd. In hofdokumente voer Mabunu-Mandela aan dat Mandla nagenoeg R700 000 per jaar verdien as LP en meer as R800 000 per jaar vir sy aandeel in ʼn vragmaatskappy. Hy het glo meer as R5 miljoen in sy bankrekeninge. Mandla het in die parlement se register verklaar dat hy aandele en belange het in agt maatskappye waaronder Sekunjalo Investment Holdings, wat Independent Newspapers besit. Mandla betaal Mabunu-Mandela onderhoud van R12 500 per maand en dra by tot haar regskostes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.