Mandela-kleinseun van aanranding aangekla

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, word daarvan aangekla dat hy ʼn onderwyser aangerand het, berig die Sunday Times.

“Ek kan bevestig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ʼn besluit geneem het om hom aan te kla van aanranding en die rig van ʼn vuurwapen in verband met die voorval,” het Luxolo Tyali, woordvoerder van die NVG, aan die koerant gesê. “ʼn Dagvaarding wat vereis dat hy op 6 Desember by die Mthatha-streekshof verskyn is aan hom gestuur.” Mandela het glo in Oktober vanjaar ʼn vuurwapen op die onderwyser gerig nadat laasgenoemde glo teen een van Mandla se gaste se motors gebots het. Mandla was in ʼn ander motor. Hy het die onderwyser glo ook aangerand. Mlamli Ngudle, die onderwyser, moes glo na die voorval ʼn noodoperasie ondergaan om ʼn bloedklont van sy brein te verwyder, berig die koerant.
Intussen het Mandla Dinsdag in die hooggeregshof in die Oos-Kaap verskyn saam met sy vervreemde vrou Tando Mabunu-Mandela, berig City Press. Sy wil glo hê dat Mandla se troue met sy derde vrou nietig verklaar word. Die saak is uitgestel en Mandla is beveel om sy vervreemde vrou kostes te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Ek was darem nog nooit so kwaad (barbaars met moordadige neigings) om iemand dood te wil skiet na een van my gaste (of enige familielid, vriend) se motor gestamp is nie.

Dink Mandla sy Mandela familienaam gaan hom red? Die aanklagte is ernstig van aard.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.