Mandela: “My pa probeer nog reageer”

Nelson Mandela Foto: WITS

Makaziwe Mandela, een van voormalige president Nelson Mandela se dogters, het Donderdag aan die SAUK gesê haar pa “lyk nie goed nie”, maar die familie is dankbaar dat hy steeds op hulle probeer reageer.

“Ek kan dit benadruk dat my pa baie kritiek is, dat enigiets verwag kan word,” het Makaziwe aan SAfm gesê. “Maar dit is belangrik om te sê dat God alleen weet wanneer die tyd sal aanbreek. Maar ek sal nie lieg nie, hy lyk nie goed nie.”

ʼn Konvooi van vier luukse voertuie, wat met blou ligte toegerus is, het intussen by die Medi-Clinic Harthospitaal, waar Mandela behandeling ontvang, opgedaag. Drie BMWs en ʼn Mercedes-Benz Vito-bussie het deur die sekuriteitspunt gery. Dit is nog nie dadelik duidelik of pres. Jacob Zuma in een van dié voertuie vervoer is nie.

Die konvooi het, net nadat Mandela se familie die hospitaal verlaat het, opgedaag.

Joernaliste van regoor die wêreld stroom ook na Qunu, Mandela se tuisdorp. Die gebied rondom Mandela se huis word egter nog nie deur militêre personeel of polisielede beman nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa Gouws ·

Snaaks dat die Mandela familie nou uitvaar teen die media wat hulle geen privaatheid gun nie, miskien moes hulle hom dan maar die aan die lewe gehou het tot nou nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.