Mandela ontslaan, terug by die huis

Voormalige president Nelson Mandela

Voormalige president Nelson Mandela

Voormalige president Nelson Mandela is Sondagoggend uit die hospitaal ontslaan en het veilig by sy huis in Houghton, Johannesburg, aangekom.

‘n Groot groep joernaliste het buite die huis gewag om sy tuiskoms te aanksou. Daar was ook ‘n polisie-teenwoordigheid.

Twee ambulanse kon by sy huis gesien word. Een ambulans met ‘n embleem van die SA Militêre Gesondheidsdiens is buite parkeer. ‘n Tweede ambulans met Netcare911-plakkers daarop het die huis verlaat.

Die presidensie het Sondagoggend bevestig dat Mandela uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is nadat hy op 8 Junie opgeneem is vir ‘n herhalende longinfeksie. “Voormalige pres. Nelson Mandela is vanoggend [1 September] uit die Pretoriase hospitaal ontslaan waar hy behandeling ontvang het,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ‘n verklaring gesê. Hy sê Mandela se toestand is steeds kritiek, en “soms onstabiel”. “Sy span dokters is egter oortuig dat hy dieselfde vlak van behandeling by sy huis in Houghton kan ontvang as wat hy in Pretoria ontvang het.”

Volgens Maharaj is Mandela se huis omskep sodat hy die regte behandeling kan ontvang, en dieselfde personeel wat hom by die hospitaal behandel het, sal hom nou by die huis versorg. “Ondanks probleme wat sy siekte hom besorg het, bly hy steeds vol genade en moed,” het Maharaj gesê. “Ons wens hom alles van die beste toe terwyl hy by die huis aansterk.”

Die BBC en SkyNews het Saterdagoggend berig Mandela is ontslaan, maar die presidensie het dit in ‘n verklaring ontken. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Eers die slegte nuus oor die petrol prys, en nou dit. 3x Cipralex pille vir my vanaand.

Trippie ·

3 X Cipalat vir my vanaand. My bloeddruk …

Gaan daar erens ‘n foto wees ? Dink nog steeds net die masjien was stabiel.

Blanke Boerevolk ·

My genade ek was onder die indruk lyke word veras of begrawe of gebalsem. Nee ky nou het ek alles gehoor. Kyk die een wat die klomp snert glo dat hy lewe is sweerlik breindood. Snert storie om stemme te werf.

Willy ·

Vervoer met ‘n lykswa na sy huis? Wonder hoe lank gaan hy by sy huis in staatsie lê?

leana ·

Ja Willie, hierdie is vir my ook bietjie dik vir ‘n daalder om te glo.

Jasper ·

Sy huis is omskep sodat hy die regte behandeling kan kry ? Seker n koelkamer aangebou.
Hou dop as die ys lorrie daar stop, Dis vir die trip Transkei toe.

kraalmuur ·

Fast forward na die jaar 2063. Nuusberig lui:

“Oud-staatsman Nelson Mandela se agter-agterkleinkind se^ dit gaan goed met die oud-president. Hy’s wakker en sit regop en herken almal om hom…”

Thea Kluckow ·

Mens wonder of hy op n ventilator is en dalk nog dialise benodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.