‘Mandela op lewensondersteuning’

Oud-president Nelson Mandela

Oudpresident Nelson Mandela is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel, het ’n lid van die familie Woensdag gesê, terwyl president Jacob Zuma ʼn beplande besoek aan Mosambiek afgelas het.

“Ja, hy gebruik masjiene om asem te haal,” het Napilisi Mandela aan AFP gesê na hy Madiba in die hospitaal besoek het. “Dis sleg, maar wat kan ons doen?” Die presidensie het intussen Woensdag in ʼn verklaring aangekondig dat Zuma sy beplande besoek aan Mosambiek afgelas het aangesien Mandela steeds in ʼn “kritieke toestand” is. Zuma en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Mandela laat gisteraand in die hospitaal besoek. Mandela se eksvrou Winnie Madikizela-Mandela en sy oudste dogter Makaziwe het hom ook laat gistermiddag besoek. Winnie en Makaziwe het Mandela ook vroeër die dag besoek saam met sy kleinkinders Ndaba en Ndileka. Mandela se vrou Graça Machel is na bewering heeltyd aan sy sy. Talle mense stroom intussen steeds na die Medi-Clinic Harthospitaal waar Mandela behandel word. Die ingang na die hospitaal in Celliers-straat is intussen steeds deur die polisie afgesper met slegs joernaliste en mense wat in die area woon wat toegelaat word om met hul motors die area binne te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Hoekom die president op die masjiene hou,dis ‘n straf,laat hom gaan in vrede,hy het ‘n leeftyd gehad,op die ouderdom nog sy lewe probeer uitrek.Ons het almal simpatie,ek is nie ongevoelig.

Louisa ·

Ek stem Sarie Dit is onmenslik om hom nou nog hier te hou al is hy al klinies dood , Laat hom nou in vrede , Dit is hartseer want hy is n egenoot Vader en oupa , maar om hom so te laat ly is nie mooi nie

Kraalmuur ·

Word seker aan die lewe gehou vir ‘n eenmalige foto saam met Obama.

Sarie van Niekerk ·

Geen hospitaal in ons land het al ooit soveel gratis publisiteit gekry as hierdie hospitaal nie!
Dit is net ‘n skande dat 1 Militere Hospitaal, wat eens op ‘n tyd een van die bestes in die wereld was, so verval het dat die president nie meer daar behandel kan word nie. Nou le hy in die Harthospitaal maar die weermagdokters behandel hom. Skandelik en dan natuurlik die weermag ambulans wat gebreek het op pad hospitaal toe. Ai tog is daar dan geen einde aan die verval van ons land nie en veral sy gesondheidsdienste. Daar is geld in die weermagbegroting om vir Zuma nuwe vliegtuie te koop van miljarde rande maar daar is nie geld om die hospitaal op te knap en twee nuwe ambulanse, wat klaar gekoop is, in te rig nie

hendrik stanz ·

dis heel duidelik dat duisende afrikaaners nie verstaan wat gaan gebeur as mandela dood gaan nie .
Ek is n ou verkeners lid van die weer mag en verstaan al te goed wat gaan gebeur .
Al wat ek wil se is mense wees reg vir dinge wat julle nie gaan verwag nie

EBTFan ·

ok, ons is nie verkeners lede nie … so vertel ons gerus wat gaan gebeur ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.