Mandela: Parkeer-en-ry-gebied weer oop ná “uitdagings”

Parkeer-en-ry-gebied beskikbaar by Fonteinedal in Pretoria

Die parkeer-en-ry-gebied by Fonteinedal in Pretoria is Donderdagoggend weer beskikbaar gestel nadat die Tshwane-metro laat Woensdagaand besluit het om dit te sluit vir mense wat busse vandaar wil haal om wyle oud-pres. Nelson Mandela se oorskot by die Uniegebou te sien waar hy sedert Woensdag in staatsie lê.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het Woensdag gesê hulle het dadelik besluit om die parkeer-en-ry-gebied by Fonteinedal te kanselleer nadat hulle “uitdagings” ervaar het. Die metro sou Donderdagoggend seker gemaak het dat ‘n skandeerder vir die busse beskikbaar gemaak word.

Die ander parkeer-en-ry-gebiede is beskikbaar by die Tshwane Events Centre (Pretoria Skougronde) en die LC de Villers-stadion in Hatfield.

“Mense word versoek om by dié gebiede te parkeer, aangesien slegs publieke busse by die Uniegebou toegelaat word.”

Die metro het ook motoriste versoek om die Pretoriase middestad tot 09:00 te vermy vir Mandela se konvooi om daar deur te beweeg.

Lees ook:
Duisende staan tou om Madiba te sien
Foto’s: Madiba lê in staatsie
Madiba-konvooi: Motoriste gefrustreerd met padsluitings
Foto’s: Mandela se konvooi na die Uniegebou
Só ry Madiba se daaglikse stoet deur PTA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.