“Mandela reageer op behandeling”

Pres. Zuma. Foto: GCIS

Pres. Zuma. Foto: GCIS

Oudpresident Nelson Mandela reageer op die behandeling wat hy tans by sy huis in Johannesburg ontvang, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Almal het gehoor dat Madiba uit die hospitaal ontslaan is. Hy bly in ʼn kritieke maar stabiele toestand en reageer op behandeling,” het Zuma tydens ʼn ontbyt vir joernaliste by sy gastehuis in Pretoria gesê.

“Ek dink ons voel baie goed. Die feit dat hy die hospitaal kon verlaat, dui daarop dat hy vordering gemaak het. Ons erken dat hy oud is, en dat dit nie goed gaan met hom nie, maar ons is baie gelukkig dat hy huis toe kon gaan,” het Zuma gesê.

Die presidensie het Sondag bevestig dat Mandela uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is nadat hy sedert 8 Junie in die hospitaal behandel is vir ʼn herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Trippie ·

ONS ONS ONS !!!!

Hoeveel onse in jou pond Zumaaaaaaaaa ????

Nie my president nie, nie toe nie, nie nou nie, en ook nie more nie !

Nog steeds GEEN foto as bewys dat hy wel leef nie.

NS: En moet net nie vir my vra om vir hom te bid nie, dit kan ek nie.

Ek glo steeds hy is kompos en net die masjien in die Harthospitaal is stabiel !

JAVR ·

√ vir jou!!!!! Kompos sê ek jou! Hoe lyk dit Kobus??? skep nou maar die “like” funksietjie en moenie so hard op my wees vandag nie toeeeeee asb!!!

Willy ·

My vermoede is hy lê in staatsie in die voorhuis.
Daar word mos gesê die geskiedenis herhaal homself.
Hoe verlang ek nou weer na die ou tyd.

Trippie ·

Those were the days my friend
We thought they’d never end
We’d sing and dance forever and a day
We’d live the life we choose
We’d fight and never lose
For we were young and sure to have our way.

René ·

Ag nee, sies julle. As julle iets wil sê wat nie sooo mooi is nie hou dit maar vir julle self.
Dit doen niemand goed om so gal te braak nie EN dit verander niks aan die saak nie. Jou reg om dit te dink is dit beslis maar hou dit maar vir jouself en privaat gesprekke met jou vriende. Ons SA sal ‘n baie lekkerder plek word vir ons “voorheen bevoordeeldes” (haha) as ons konsentreer en bou op dinge wat positief is en die negetiewe goed daar laat en onsself opbou met positiewe dinge. Ek “preek” nie omdat ek veel verskil met wat julle sê nie maar kom ons lewe soos ons eintlik is: verhewe bo die negatiewe.

Groetnis

Trippie ·

Goeie middag René, dis juis omdat ons bo die negatiewe verhewe is dat ons nog kan “skerts” en so dan en wan ‘n grappie “ingooi” !

Groetnis, of nee, BOEREGROETE !

;)

JAVR ·

√ Dis so waar! Nie negatief nie Rene, net realistiese sin vir humor.

JAVR ·

Probleem met dit is more het ek vergeet van alt 251! Julle moet my daagliks herinner daaraan!

René ·

Een ding moet ek julle sê ek is sooo dankbaar ek is so klein vissie in ons GROOT see ek sal nie op my OUdag aan die lewe gebid word nie haha…..hiehie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.