
Kinders buite die Medi-Clinic Harthospitaal waar Mandela in ‘n kritieke toestand is Foto: @presidencyZA op Twitter
Voormalige president Nelson Mandela se familielede het die Pretoriase hospitaal verlaat waar hy Donderdag steeds in ‘n kritieke toestand is.
Familielede het hul gebruiklike besoekroetine gebreek en blomme, wat deur lede van die publiek buite die Medi-Clinic Harthospitaal neergesit is, versamel. Ndileka Mandela, ‘n kleindogter van Mandela, het gesê hy is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand.
Zoleka Mandela, nog ‘n kleinkind, het gesê dit is ‘n baie moeilike tyd vir die familie. “Hy’s stabiel en ons wil almal bedank vir hul ondersteuning,” het Zoleka gesê. Ndileka sê die publieke blootstelling is nie maklik om te hanteer nie. “Die familie is angstig; hy is kritiek maar stabiel. Daar is talle boodskappe van ondersteuning. Dit is baie moeiliker om in die publieke oog hierdeur te gaan.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Wat n bog storie! Miskien moet hulle net die waarheid begin praaat.
Vertel ons daarvan Marcelle, miskien is daar iets wat jy weet wat ons nie weet nie.