Mandela se kleinseun gaan glo aangekla word

Zondwa Mandela.

Oud-president Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa, gaan na verwagting strafregtelik aangekla word nadat hy glo verlede week nie opgedaag het vir ʼn ondersoek by die meester van die hooggeregshof in Pretoria nie.

Business Times berig dat hooflikwidateur van Pamodzi Gold, Johan Engelbrecht, gesê het dat hulle die week strafregtelike aanklagte teen Mandela aanhangig sal maak. Aurora Empowerment Systems, wat deur Mandela en president Jacob Zuma se neef Khulubuse besit word, het Pamodzi se myne in Orkney en Grootvlei in 2009 oorgeneem. Aurora se bestuurskontrak is intussen gekanselleer nadat die maatskappy daarvan beskuldig is dat hulle infrastruktuur by die myne vernietig het en meer as 5 300 mense hulle werk verkoor het. “Dit [die lê van kriminele aanklagte] is die eerste stap. Die tweede stap is om sy [Zondwa se] getuienis te skuif na ʼn landdroshof sodat as hy nie opdaag nie die landdros by magte sal wees om hom aan te kla van minagting van die hof, “het Engelbrecht gesê. Die ondersoek het ten doel om Aurora en sy direkteure se optrede te ondersoek nadat die maatskappy die myne by Pamodzi oorgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.