‘Mandela se laaste asem was sy eie’

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Die laaste asemteug wat oudpresident Nelson Mandela geneem het, het hy op sy eie sonder lewensondersteunende masjiene en in die teenwoordigheid van sy naaste familielede geneem, berig die Sunday Times.

Volgens die berig is Mandla, Mandela se kleinseun, van die Oos-Kaap na sy oupa se sterfbed ontbied. Senior ANC-lede en godsdienstige leiers was glo ook by toe Mandela sy laaste asem uitgeblaas het. Volgens City Press het familielede twee en drie op ʼn slag ʼn finale oomblik met Mandela gedeel. Volgens die berig het Mandela die afgelope paar maande nie ʼn woord gesê nie. Bantu Holomisa, UDM-leier, het aan die Sunday Times gesê hy het ʼn oproep gekry dat Mandela se toestand agteruitgegaan het. “Ek is reguit na sy kamer toe. Ek was hartseer toe ek gesien het sy toestand het erg agteruitgegaan van die laaste keer wat ek hom gesien het.” Holomisa het glo langer as ʼn uur saam Mandela spandeer en het glo sowat 90 minute voor Mandela oorlede is die huis verlaat. “Die familie was baie sterk maar die gemoed was somber. Die moeilikste oomblik was toe die weermag omstreeks middernag Mandela se liggaam kom haal het,” het ʼn bron aan die koerant gesê. “Toe hulle met Mandela se liggaam by die trappe afgekom het, het dit ingesink dat Madiba weg was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.