Mandela se liggaam geskuif

Nelson Mandela op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Nelson Mandela op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Die liggaam van voormalige president Nelson Mandela is na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria oorgeplaas, het SABC Radio Vrydag berig.

Pres. Jacbob Zuma het Donderdagaand aangekondig dat Mandela omstreeks 20:50 in Johannesburg heengegaan het. Hy het gesê Mandela sal ‘n staatsbegrafnis ontvang en het beveel dat alle vlae Vrydag halfstok sal hang en só sal bly tot ná die begrafnis.

“Hy rus nou, hy is vol vrede. Ons nasie het ons grootste seun verloor,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.