Mandela se liggaam in Qunu

Die Hercules C130-vliegtuig wat Mandela se liggaam vervoer het. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Hercules C130-vliegtuig wat Mandela se liggaam vervoer het. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die militêre stoet met voormalige president Nelson Mandela se liggaam het Saterdag ongeveer 16:00 in Qunu in die Oos-Kaap aangekom.

Inwoners het vlae rondgeswaai en met gebalde vuiste in die lug gestaan toe die stoet verbygery het.

Lede van Mandela se familie het ook reeds in Qunu aangekom.

Die lugmag se Hercules C130-vliegtuig het om 13:37 by Mthatha-lughawe geland nadat die vliegtuig om 11:58 by Waterkloof-lugmagbasis opgestyg het.

Twee Gripen-vegvliegtuie het die vliegtuig vergesel.

Mandela (95), wat op 5 Desember by sy huis in Houghton, Johannesburg, gesterf het, word Sondag in Qunu begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.