‘Mandela se toestand was ernstig’

Mandela. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Donderdag tydens die einde van die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung gesê oudpresident Nelson Mandela se toestand was ernstig toe hy amper twee weke gelede in die hospitaal opgeneem is.

Die presidensie het aanvanklik gesê Mandela ondergaan roetine-ondersoeke. Daar is later gesê dat hy vir ʼn longinfeksie behandel word en ʼn prosedure ondergaan het om galstene te verwyder. “Sy toestand was ernstig maar hy toon goeie vordering op die behandeling en sy toestand het geleidelik verbeter die afgelope paar dae,” het Zuma gesê. Daar was vroeër omstredenheid nadat dit aan die lig gekom het dat Mandela nie by 1 Militêre Hospitaal behandel word nie hoewel die minister van verdediging aan die media bevestig het dat hy daar behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.