‘Mandela stabiel maar kritiek’

Mandela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela se toestand is stabiel maar tog steeds kritiek, het sy kleinseun Mandla Mandela Donderdag gesê.

“Elke verbetering in my oupa se gesondheid is ‘n rede om fees te vier vir baie van ons,” het hy in ʼn verklaring gesê. Mandla sê hy word steeds bemoedig deur die boodskappe van ondersteuning vir sy oupa, maar is teleurgesteld deur diegene wat voortgaan om gerugte oor sy gesondheid te versprei. “Ek doen ‘n beroep op diegene wat verantwoordelik hiervoor is om hul daarvan te weerhou. Ons regering hou almal op hoogte in hierdie verband en is dit nie nodig om te twyfel in die akkuraatheid van die inligting wat hulle aan die publiek gee nie,” het Mandla gesê. “Aan die einde van die dag is my oupa se lot, soos dié van almal anders, in God en die voorvaders se hande.” Mandla het vroeër vandag sy oupa in die hospitaal besoek. Hy sê die familie is dankbaar teenoor die regering, die ANC en Mandela se dokters “in die moeilike tydperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.