Mandela-standbeeld in Desember onthul

President Jacob Zuma Maandagaand tydens die opening van die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering in Houghton, Johannesburg. Foto: GCIS

President Jacob Zuma Maandagaand tydens die opening van die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering in Houghton, Johannesburg. Foto: GCIS

ʼn Nege meter hoë standbeeld van oudpres. Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria, gaan in Desember onthul word.

President Jacob Zuma het Maandagaand tydens die opening van die Nelson Mandela Sentrum van Herinnering in Houghton, Johannesburg gesê die onthulling gaan deel vorm van die Uniegebou se eeufeesviering.

“Hierdie hulpbronne is ‘n integrale deel van ons land se erfenis,” het Zuma tydens die geleentheid gesê. “Dit is ons nasie se skatte en dit moet bewaar word.” Hy het gesê die sentrum maak ʼn groot bydrae tot die integrasie van erfenis- en kulturele bevryding.

Zuma het Suid-Afrikaners versoek om aan te hou glo in die waardes waarvoor Madiba gestaan het en om elke dag so te lewe, nie net op Mandeladag nie. Op Mandeladag word inwoners gevra om 67 minute van hul tyd te spandeer om ander te help.

Hy sê permanente uitstallings oor Mandela se lewe word ook in Parys, Frankryk en Washington, Amerika opgestel.

Die Mandela Sentrum van Herinnering wys onder andere presies hoe Mandela se ou kantoor gelyk het, daar is ook ʼn aantal publikasies waarin artikels oor hom gepubliseer is, asook die Nobelprys vir Vrede wat in 1993 aan hom toegeken is.

Maroela Media het vroeër berig die standbeeld van Mandela sal op 16 Desember op Versoeningsdag deur Zuma onthul word. Die brons standbeeld kos nagenoeg R8 miljoen en word in vier dele aanmekaar gesit op die grasperk voor die Uniegebou. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AmY ·

Ek was nog nooit ‘n aanhanger van ENIGE standbeelde nie. Natuurlik agv Exodus 20 in die Bybel. En wraggies, die mense gaan maak nog steeds beelde!!!! Watter deel van daai teksvers verstaan hulle nie?

Nee wat, ek sal nie opgwonde raak oor die standbeelde by die Uniegebou (of enige plek in die wêreld nie).

En ja, ek het geen beelde in my huis nie. Nie eens porselein engeltjies of feetjies nie.

AmY ·

Dis seker maar waarom dit so sleg gaan in ons land? Dis al die afgodsbeelde wat deesdae oral opgerig word. Maar ek mag natuurlik verkeerd wees.

Elize Mans ·

Ja,Maak maar van Mandela n Afgod.Die wat dit doen,,vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Trippie ·

Elize, buiten vir die spul swartes wat hom aanbid, is daar derduisende blankes in Suid-Afrika ook wat hulle voortanne sal gee vir hom. Dan praat ek nie eers van hoe die wêreld hom aanbid nie.

Seg ·

JAVR Welkom op Maroela. Die webwerf waar ons vriend Willy van Praag hier kom TROL onder Walter, Leon, Eben, Daan en,en. Dink ek moet jou maar net seg dat jy ook weet aangesien jy nuut is.
Willy sien niemand praat met hom nie nou praat hy maar met homself.

Willem ·

Dit is verbasend dat jy ou vriend nog buite ‘n psigiatriese afdeling is. Die vendetta teen mense gaan jou van binne opvreet.

Walter ·

Amy dit grief jou seker om Paul Kruger, Sarel Cilliers en die boerekrygers se beelde te sien.

leon ·

WAT?????R8miljoen vir n beeld van n terro. Trip jy bly mos in Pta. Sal jy soggens en saans die duiwe gaan voer daar. Baie sitplek vir hulle.

Eben ·

Zelda la Grange het al ‘n paar interessanthede oor Mandela te se gehad.

AmY ·

ALLE standbeelde Walter. Ek het tog gesê ENIGE standbeelde. Ek hoop jy vertsaan nou?
Ek hou nie van enige maar enige standbeelde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.