Mandela-standbeeld word by Uniegebou onthul

Oud-president Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela

ʼn Nege meter hoë standbeeld van Nelson Mandela sal Maandag by die Uniegebou onthul word.

President Jacob Zuma sal die brons standbeeld amptelik op die grasperk voor die Uniegebou onthul.

“Die onthulling is die begin van die viering van wyle Madiba se lewe, en om sy nalatenskap te begin nastreef. Die rouperiode is nou verby,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê. Die nasionale vlag sal ook van Maandag af nie meer halfstok hang nie.

“Oud-president Mandela word verbind aan die bevordering van versoening, en dit is waarom dié dag vir die onthulling gekies is.”

Die standbeeld word om 10:00 onthul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vraaag ·

Hoop dit is regtig nou die laaste. Die lewe kan nie aanhou om ‘n dooie draai nie. Genoeg is wragtig genoeg

Jasper ·

Die spul eensydige, verdaaide leuens wat die laaste paar dae die wêreld in gestuur is t.o.v. die vorige regime het my naar gehad, om van vegodeliking nie te praat nie.
Dan was die tafel ook gedek vir n eenwêreldgodsdiens,

Toros ·

Ek sal regtig wil weet wat die afgelope 10 dae se afgodsdiens, partytjies en dan ook hierdie afgodsbeeld die arme belastingbetalers gekos het.

Babs ·

Kan die standbeeld op die water loop want Mandela kon nie – al het baie so geglo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.