Mandela steeds in hospitaal

Mandela. Foto: GCIS

Oudpresident Nelson Mandela het teen Saterdagoggend steeds behandeling ontvang in ʼn Pretoria-hospitaal, ʼn week nadat hy opgeneem is.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, sê Mandela het vanoggend ‘n endoskopie ondergaan om galstene te verwyder. Hy sê daar is geen waarheid in berigte dat hy ontslaan is nie. “Volgens die dokters is die voormalige president gemaklik en gaan hy voort om behandeling in die hospitaal te ontvang.” Maharaj sê Mandela se dokters het nog geen aanduiding gegee van wanneer hy ontslaan sal word nie. Mandela word behandel vir ʼn longinfeksie. EWN het Donderdag berig dat Mandela nie by 1 Militêre Hospitaal behandel word soos wat deur die minister van verdediging bevestig is nie. Joernaliste het intussen buite die Mediclinic Harthospitaal in Arcadia begin uitkamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.