Mandela steeds ‘kritiek maar stabiel’

Mandela. Foto: Nelson Mandela Stigting/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand, het die presidensie Maandag aangekondig.

“Ons herinner alle Suid-Afrikaners daaraan om te begin beplan vir Madiba se verjaarsdag op 18 Julie,” het president Jacob Zuma in ʼn verklaring gesê. “Ons moet almal in staat wees om iets goeds vir die mensdom op hierdie dag te doen, as ‘n huldeblyk aan ons voormalige president.” Zuma het almal wat Mandela en sy familie in hul gedagtes en gebede hou bedank. Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem met ʼn voortdurende longkwaal. Sy toestand is toe as ernstig maar stabiel beskryf. Nadat Zuma hom op 23 Junie in die hospitaal besoek het, is daar aangekondig dat sy toestand kritiek is. Zuma het hom weer Woensdag besoek waarna daar aangekondig is dat sy toestand verbeter het maar dat hy steeds kritiek maar stabiel is. Zuma het hierna sy beplande besoek aan Mosambiek afgelas. Daar is ook verlede week berig dat Mandela aan lewensondersteunende masjiene gekoppel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.