Mandela-testament voorgelees

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Die inhoud van oud-president Nelson Mandela se testament is Maandag omstreeks 13:00 in Johannesburg deur Dikgang Moseneke, adjunk-president van die konstitusionele hof, voorgelees.

Mandela se boedel word voorlopig op R46 miljoen bepaal. Dit moet egter nog gevalueer word en sluit nie die bates in die verskeie trusts in nie. Daar is drie trusts in die boedel waaronder die Nelson Mandela-trust, Mandela-trust en Nelson Rolihlahla-familietrust.

In sy testament van 40 bladsye het Mandela R50 000 aan elkeen van sy persoonlike personeel, insluitend Zelda la Grange sy jarelange woordvoerder, bemaak.

Hy het ook geld aan ‘n aantal skole en organisasies bemaak. Die ANC kry tussen 10% en 15% van die tantieme van een van die trusts.

Ander begunstigdes wat uit die testament baat is sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaap ·

Madiba het bewys dat hy vir sy kleinkinders om gee want hulle is die toekomstige leiers,hoop net hulle waardeer die geld ,en onthou hulle ikoon oupa se woorde, ONDERWYS IS DIE MEES KRAGTIGSTE WAPEN IN DIE WêRELD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.