Mandela-testament: Winnie kry niks; volle testament beskikbaar

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Wyle oud-pres. Nelson Mandela se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela word nie benoem in sy finale testament nie. Die inhoud van Mandela se testament is Maandag omstreeks 13:00 in Johannesburg deur Dikgang Moseneke, adjunk-president van die konstitusionele hof, voorgelees.

Madikizela-Mandela was Mandela se tweede vrou. Hulle het in 1996 geskei nadat hulle 38 jaar getroud was. Na wat berig word, het sy tydens die egskeiding op ʼn R20 miljoen-skikking aangedring. Sy het destyds aangevoer dit is die helfte van Mandela se bates. Haar aansoek was onsuksesvol.

Hoewel Madikizela-Mandela se naam nie in die testament genoem is nie, is haar kinders en klein kinders wel as begunstigdes genoem.

Mandela het R3 miljoen vir hul twee kinders, Zenani Mandela-Dlamini en Zindzi Mandela, gelos. Zenani se kinders, Zinhle, Zaziwe en Zamaswazi, gaan elkeen R100 000 kry.

Bambatha, Zondwa, Zwelabo en Zoleka, wat Zindzi se kinders is, gaan ook elkeen R100 000 kry.

Mandela se agterkleinkind, Zuzoko Mandela, die kind van Zamaswazi, gaan ook R100 000 uit die boedel kry.

Mandela se boedel word voorlopig op R46 miljoen bepaal. Dit moet egter nog gevalueer word en sluit nie die bates in die verskeie trusts in nie. Sien Mandela se volle testament hier.

Lees ook:
Só word Mandela-boedel verdeel
Mandela-testament voorgelees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

J Blom ·

Ongelooflik dat n boedel terwaarde van R46 miljoen binne 20 jaar bereik kan word. Die res van ons werk 50 jr+ en kan steeds nie bekostig om aftetree nie!

Eben ·

Dink net as sy iets geerf het, hoeveel vuurhoudjies sou sy gekoop het om die land te ‘bevry’. Die anc moet maar vir haar sorg.

Wouter ·

Kry vir jou. Daardie skeinheiligheid om elke dag by ou Mandela in die hospitaal te gaan sit het toe nie vrugte afgewerp nie.

Alida ·

Wat my betref hoef Winnie nie te erf nie. Toe hulle geskei is het sy mos haal deel gekry. Graca was 15 jaar met Mandela getroud binne gemeenskap van goedere. Dit wil sê sy is geregtig op die helfte van sy boedel .Omdat sy n opgevoede dame is en nie in n geldtwis betrokke wil wees nie, het sy egter haar aandeel afgeteken sodat sy familie ook haar deel gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.