Mandela vs. Sexwale kan dalk geskrap word

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hofgeding tussen die Mandela-familie en Tokyo Sexwale, Bally Chuene en George Bizos kan verder uitgestel word of selfs van die hofrol geskrap word, het die New Age Vrydag berig.

Michael Hart, wat Sexwale, Bizos en Chuene verteenwoordig, sal die hof Vrydag nader om die Mandela-familie se prokureurs te versoek om óf repliek te lewer óf om die saak van die rol te skrap, berig die koerant.

Zenani Mandela en Makaziwe Mandela, wat glo deur 17 ander familielede ondersteun word, het ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om die drie mans as direkteure van Harmonieux Investment Holdings en Magnifique Investment Holdings te verwyder.

Voormalige president Nelson Mandela het die drie mans toevertrou met die twee maatskappye, maar die familielede voer aan dat die aanstelling nie behoorlik gedoen is nie.

Intussen het Ismael Ayob Dinsdag ook as prokureur vir die Mandela-familie onttrek.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ek wonder of die Universiteit van Rhodes se regskliniek ook hierdie hofkostes dra?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.