Mandela word “al hoe sterker”

Voormalige president Nelson Mandela

Voormalige president Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het Maandag gesê sy oupa word “al hoe sterker”.

Mandla het sy oupa Sondag in die hospitaal besoek. “Die besoek het my met ʼn warm gevoel gelaat, omdat my oupa daagliks al hoe sterker word,” het hy gesê.

Die vordering is “veral bemoedigend, omdat dit diegene wat leuens versprei het dat hy in ʼn ‘vegetatiewe toestand’ is en net ‘wag vir lewensondersteunende masjiene om afgeskakel te word’ verkeerd bewys”. “Madiba het dié stellings verkeerd bewys en hou aan om sy veggees te vertoon waarvoor hy al jare lank bekend is,” het Mandla gesê.

Mandela is op 8 Junie in die Medi-Clinic-harthospitaal in Pretoria opgeneem met ʼn herhalende longinfeksie.

Mandela het verlede week sy 95ste verjaarsdag in die hospitaal gevier.

Mandla en sommige van Madiba se familielede is tans in ʼn hofgeding gewikkel oor oorskot van Madiba se kinders en kleinkinders wat Mandla van Qunu na Mvelo geskuif het. ʼn Hofbevel het Mandla vroeër gedwing om die oorskot terug te skuif na Qunu.

Lees ook:
Mandela glo “vasbeslote” om ontslaan te word
Nelson Mandela maak “merkwaardige vordering”
Mbeki verwag Mandela gaan ontslaan word
Graca nou “minder angstig” oor Mandela se gesondheid
Nelson Mandela reageer op behandeling
Mandela-kleinkinders op Twitter oor sy gesondheid
Mandela-prokureurs het glo mislei
Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Presidensie ontken dat Mandela in “vegetatiewe toestand” is
Mandela in “vegetatiewe toestand”
Oorskot van Mandela-kinders weer opgegrawe
Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wat se bevordering het Mandela gekry?

Die derde paragraaf moet tog sekerlik lees “die vordering wat my oupa maak, is veral bevredigend…..” die woord bevordering beteken tog immers “verhoging in rang of begunstiging. So kan sy beweerde verbetering in sy gesondsheid as bevordering beskryf word?

Susan Lombaard ·

Dagsê Sarie, jammer vir die flater! Ons het dit reggestel. Groetnis, Maroela Media

Wena catherina Coetzee ·

Wat help dit om te sit en tob………Of hy lewe en of hy reeds weg is……….SO WHAT !! WHY WORRY !! Doesn’t matter at all………..

Jenny Upshon ·

interesant om die minste te se; “5o dae in hospitaal/goeie vordering” ens. Berigte in oorsese koerant van operasie wat nie hier (in RSA) genoem word nie, Sover ek weet – vir longonsteking kry mens anti-biotika, standaard behandeling en na paar weke is jy weer 100% (persoonlike ondervinding).Dink enigiemand met gemidddelde inteligensie kan self uitwerk….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.