Mandla Mandela: “Ek is onskuldig”

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, het gesê hy is onskuldig en sal Vrydag homself in die hof verdedig.

Maroela Media het Sondag berig Mandla gaan na verwagting van aanranding en die rig van ʼn vuurwapen aangekla word, nadat hy vroeër vanjaar ʼn onderwyser aangerand het.

Hy het glo in Oktober vanjaar ʼn vuurwapen op die onderwyser gerig nadat die onderwyser glo teen een van Mandla se gaste se motors gebots het. Mandla was in ʼn ander motor. Hy het die onderwyser glo ook aangerand. Mlamli Ngudle, die onderwyser, moes glo na die voorval ʼn noodoperasie ondergaan om ʼn bloedklont van sy brein te verwyder. Lees meer hier.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het twee maande ná die voorval besluit om hom te vervolg.

Mandla het gesê hy gaan homself Vrydag in die Mthatha-streekshof verdedig, maar glo hy is ʼn teiken omdat hy ʼn bekende van het.

Ngudle gaan na verwagting Vrydag in die hof getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.