Mandla Mandela, die kleinseun van oud-pres. Nelson Mandela, gaan na verwagting Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn onderwyser aangerand het.
Mandla het glo in Oktober in Mthatha ʼn vuurwapen op die onderwyser, Mlamli Ngugle, gerig, nadat die onderwyser teen ʼn voertuig gebots het wat deur een van Mandla se gaste bestuur is.
Lees ook:
Mandla Mandela: “Ek is onskuldig”
Mandela-kleinseun van aanranding aangekla