Mandla Mandela se regspan soek hul geld

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Mandla Mandela, een van oudpresident Nelson Mandela se kleinseuns, se prokureurs het met regstappe teen hom begin om onbetaalde kostes van nagenoeg R500 000 van hom te verhaal, het die City Press berig.

Volgens die verslag, gaan Randall Titus en Vennote Prokureurs hom nie meer verteenwoordig nie. Hulle het reeds hofdokumente ingedien wat bekend maak dat die firma R467 400 asook rente van 15.5% van hom eis.

Die kostes was vir die tydperk tussen Mei 2012 en Mei 2013. Randall Ralph Titus het gesê die firma se besluit om Mandla nie meer te verteenwoordig nie, is onder andere weens sy gebrek om opdragte uit te voer.

“Ons het ʼn dagvaarding aan die balju uitgereik om ons geld van hom te verhaal,” het Titus gesê.

Gary Jansen, ʼn prokureur, het gesê hy verteenwoordig nou vir Mandla, maar het nog nie opdrag van sy kliënt gekry wat hom toelaat om oor dié aangeleentheid kommentaar te lewer nie.

Mandla was ook nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Mandela is die afgelope tyd in ʼn aantal hofsake gewikkel. Dit sluit sy egskeiding met Tando Mabunu-Mandela, ‘n bigamie-voorval in 2011 en die saak van sy opgrawing van die oorblyfsels van drie Mandela se kinders in Qunu in

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Een wet wat hulle nooit sal kan verander nie en dit is die Transvaalse betaalwet. Kry vir jou katvis. !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.