Mandla Mandela weer in die sop

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Mandla Mandela, die omstrede kleinseun van oud-president Nelson Mandela wat Mandela se kinders se grafte sonder toestemming geskuif het, is weer in die sop nadat hy glo ʼn vuurwapen op iemand gerig het.

Lt.kol. Mzukusi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Woensdag gesê ʼn man wat Mandla daarvan beskuldig dat hy hom met ʼn vuurwapen gedreig het, het Dinsdagaand ʼn klagte van die rig van ʼn vuurwapen by die polisie aanhangig gemaak.

Mandla het na bewering ʼn vuurwapen op die man gerig en gedreig om hom te skiet tydens ʼn argument in Nelson Mandelarylaan in Mthatha.

Geen inhegtenisname is nog gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Mens kan seker niks meer verwag van die kleinseun van ‘n terroris nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.