Mandla van aanranding aangekla

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Mandla Mandela, die kleinseun van oud-pres. Nelson Mandela, is Donderdag in die Mthatha-landdroshof amptelik van aanranding aangekla, berig die SAUK

Die uitsaaiers berig dat Mandla se regspan Donderdagoggend die dossier ontvang en uitstel versoek het om daardeur te werk en met Mandla te raadpleeg.

Die saak is tot 24 Februarie uitgestel en hy is met ʼn waarskuwing vrygelaat.

Mandla het glo in Oktober in Mthatha ʼn vuurwapen op die onderwyser, Mlamli Ngugle, gerig, nadat die onderwyser teen ʼn voertuig gebots het wat deur een van Mandla se gaste bestuur is.

– SAPA

Lees ook:
Mandla Mandela in hof oor aanranding
Mandla Mandela: “Ek is onskuldig”
Mandela-kleinseun van aanranding aangekla

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.