Mangaan in Pretoria se water

Hoë vlakke van mangaan is in verskeie areas in Pretoria se drinkwater waargeneem.

Nomasonto Ndlovu, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê die areas sluit Montana, Sinoville, Wonderboom en Pretoria-Noord in. “Hoë konsentrasies mangaan en yster beïnvloed die estetiese voorkoms van water en hou geen gesondheidsrisiko in nie… die water sal ʼn metaalagtige smaak hê.” Ndlovu sê ʼn kragonderbreking oor die naweek het tot gevolg gehad dat die Roodeplaat Waterbehandelingsentrum nie water aan die Montana-reservoir kon verskaf nie. Sy sê die reservoir is volgetap met water van die Garsfontein-reservoir. “Aangesien die water van Randwater afkomstig is, is die pH-vlakke veel laer. Dit het veroorsaak dat sediment op die reservoir en pyplyn-mure opgelos en met die water gemeng het, en het dit bygedra tot die hoër vlakke van yster en mangaan.” Ndlovu sê dit sal sowat ʼn week neem om die probleem op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Hannes

Wat my wel pla is die aanhaling; “Hoë konsentrasies mangaan en yster beïnvloed die estetiese voorkoms van water en hou geen gesondheidsrisiko in nie” Wikipedia verskil van hulle sieningspunt; http://af.wikipedia.org/wiki/Mangaan Voorsorgmaatreëls Mangaan in oormaat is toksies. Blootstelling aan mangaanstof en dampe behoort nie die vlak van 5 mg/m3 selfs vir kort tydperke oorskry nie vanweë die uiters toksiese aard daarvan. Suur permanganaat oplossings sal baie soorte organiese materiaal waarmee hulle in kontak kom oksideer. Hierdie oksidasie proses kan selfs genoeg warmte vrystel om sommige organiese stowwe aan die brand te steek. In 2005 het ‘n studie ‘n moontlike verband tussen… Lees meer »