Mangaan in Pretoria se water

Hoë vlakke van mangaan is in verskeie areas in Pretoria se drinkwater waargeneem.

Nomasonto Ndlovu, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê die areas sluit Montana, Sinoville, Wonderboom en Pretoria-Noord in. “Hoë konsentrasies mangaan en yster beïnvloed die estetiese voorkoms van water en hou geen gesondheidsrisiko in nie… die water sal ʼn metaalagtige smaak hê.” Ndlovu sê ʼn kragonderbreking oor die naweek het tot gevolg gehad dat die Roodeplaat Waterbehandelingsentrum nie water aan die Montana-reservoir kon verskaf nie. Sy sê die reservoir is volgetap met water van die Garsfontein-reservoir. “Aangesien die water van Randwater afkomstig is, is die pH-vlakke veel laer. Dit het veroorsaak dat sediment op die reservoir en pyplyn-mure opgelos en met die water gemeng het, en het dit bygedra tot die hoër vlakke van yster en mangaan.” Ndlovu sê dit sal sowat ʼn week neem om die probleem op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannes ·

Wat my wel pla is die aanhaling;

“Hoë konsentrasies mangaan en yster beïnvloed die estetiese voorkoms van water en hou geen gesondheidsrisiko in nie”

Wikipedia verskil van hulle sieningspunt;

http://af.wikipedia.org/wiki/Mangaan

Voorsorgmaatreëls
Mangaan in oormaat is toksies. Blootstelling aan mangaanstof en dampe behoort nie die vlak van 5 mg/m3 selfs vir kort tydperke oorskry nie vanweë die uiters toksiese aard daarvan.
Suur permanganaat oplossings sal baie soorte organiese materiaal waarmee hulle in kontak kom oksideer. Hierdie oksidasie proses kan selfs genoeg warmte vrystel om sommige organiese stowwe aan die brand te steek.
In 2005 het ‘n studie ‘n moontlike verband tussen die inaseming van mangaan en toksiese effekte op die sentrale senuweestelsel van rotte vasgestel. Daar word vermoed dat langtermyn blootstelling aan die mangaan wat natuurlik in stortwater voorkom ook ‘n risiko inhou.
‘n Vorm van senuweestelsel verval soortgelyk aan Parkinson se siekte, genaamd “manganisme” is al sedert die vroeë 19de eeu aan mangaan verbind. Die sweisnywerheid is al daarvan beskuldig dat dit verantwoordelik is vir gevalle van manganisme deur die inaseming van mangaandampe. Mangaan verskein op die OSHA se Gevaarlike stowwe lys en word beheer as gevolg van sy hoë vlak van toksisiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.