Mangaung: ANC betaal R14 miljoen

Die Universiteit van die Vrystaat het Sondag gesê die ANC het reeds die volle rekening vereffen vir die gebruik van sy fasiliteite tydens die verkiesingskonferensie.

Choice Makhetha, waarnemende rektor, het gesê die universiteit is op “goeie terme” met die partye sedert die ANC sy eeufeesvieringe in Januarie ook by die kampus gehou het. “Die ANC het die volle rekening vir die koshuise en lokale betaal,” het Makhetha gesê. Sy sê Matthews Phosa, tesourier-generaal van die ANC en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het ‘n “hoë vlak van integriteit getoon in hul samewerking met die universiteit.

Volgens die Sunday Times beloop die gebruik van die kampus vir die weeklange konferensie ongeveer R14 miljoen.

Lees ook:
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.