Mangaung begin

Afgevaardigdes het Sondag by die Universiteit van die Vrystaat begin opdaag vir die ANC se nasionale verkiesingskonferensie.

Klein groepies ANC-lede in swart en wit T-hemde het deur die kampus gestap na die krieketveld waar die hooftent opgeslaan is. Die konferensie sou na verwagting om 08:30 begin het.

President Jacob zuma sal sy politieke verslag in die oggend lewer en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, sal daarna sy organisatoriese verslag lewer. Afgevaardigdes sal Sondagaand hul gekose kandidate vir die top ses posisies nomineer. Die verkiesingskommissie sal ook bekendmaak wie die onderskeie nominasies aanvaar het.

Afgevaardigdes sal ook kandidate van die vloer af kan nomineer indien die mosie deur 25% van die konferensie ondersteun word.

Gaste is Saterdagaand by die gala-ete van die ANC se Progressiewe Sakeforum (PSF) met bottels Moët-sjampanje verwelkom. Bemarkingsbaniere van ABSA, Cell C, Nissan, Nedbank, Vodacom, Standardbank en Multichoice het in die saal gewapper.

President Jacob Zuma en sy drie vroue en die sakeman Patrice Motsepe het aan die hooftafel gesit. Renier Schoeman, mede-saamroeper van die PSF, het vroeër gesê die presidensiële tafel, waar 12 mense kan sit, kos ten minste R500 000. ‘n Gewone tafel het gaste R250 000 uit die sak gejaag.

Matthews Phosa, tesourier-generaal van die ANC, het die verwelkomingstoespraak gelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.