Mangaung: Fransman wil DA onttroon

Marius Fransman

Marius Fransman, provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, het ‘n nominasie om tot die party se nasionale uitvoerende komitee van die hand gewys.

Fransman het gesê dat alhoewel dit ‘n “geweldige eer” is om in die komitee te dien, hy dit van die hand wys om “ten volle te fokus om die Demokratiese Alliansie (DA) uit hul magsposisie in die Wes-Kaap in die 2014-verkiesings te onttroon”. “Dit is in die beste strategiese belang van die ANC in die Wes-Kaap dat ek as voorsitter eerder ten volle toegewy bly om ons program in die provinsie te verskerp wat die hereniging en herbou van die beweging insluit,” het Fransman gesê.

Fransman sê dit is in die “breër belang” van die party dat hy die provinsiale organisasie teen die DA lei. Fransman sê die ANC in die provinsie sal goed verteenwoordig word deur ander genomineerde individue.

Lees ook:
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Ag asseblief mnr Fransman – julle gaan seker weer die hele Ooskaap aanry Kaap toe om die verkiesing te probeer wen,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.