Mangaung: Hier is die top 6 nominasies

Die nominasies vir die top ses posisies is Maandag deur die ANC se verkiesingskommissie in Mangaung aangekondig.

President Jacob Zuma en sy adjunk Kgalema Motlanthe is vir die posisie as partypresident genomineer.

Mathews Phosa, Cyril Ramaphosa en Tokyo Sexwale is vir die posisie as adjunkpresident genomineer. Baleka Mbete, voorsitter, en Kgalema Motlanthe, adjunkpresident, het nominasies vir dié posisie van die hand gewys.

Die ander nominasies is soos volg:
Voorsitter: Baleka Mbete, Thandi Modise
Sekretaris-generaal: Gwede Mantashe, Fikile Mbalula
Adjunksekretaris-generaal: Jessie Duarte (geen stemmery sal vir dié posisie plaasvind nie)
Tesourier-generaal: Paul Mashatile, Zweli Mkhize. Tokyo Sexwale en Lindiwe Sisulu het hul nominasies vir dié pos van die hand gewys.

Indien een persoon vir verskeie posisies genomineer is, sal aparte stembriewe voorberei word. Afgevaardigdes sal anoniem stem. Afgevaardigdes mag nie selfone na die stembusse neem nie. Stemme sal per hand getel word.

Lees ook:
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.