Mangaung-komplot: Hof hoor oor wapens

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Die groep verregses wat glo ‘n aanval op die ANC se Mangaung-konferensie in 2012 beplan het, wou wapens aankoop totdat hulle in hegtenis geneem is, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Staatsgetuie Jaco Scherman het tydens die beskuldigde, Johan Prinsloo, se hoogverraadhofsaak die hof van die mislukte pogings om wapens aan te skaf, vertel. Nadat die groep onsuksesvol was in Ficksburg, het Prinsloo R23 000 in sy bankrekening betaal om wapens aan te koop. Die staat het ‘n bankrekening as stawende getuienis voorgehou.

Scherman sê hy het die oggend van die beplande aanval ‘n telefoonoproep ontvang oor ‘n ander persoon met wie hy in verbinding moet tree oor die aankoop van wapens. Hy het aan die hof gesê hy het egter ‘n uur later gehoor dat die samesweerders in hegtenis geneem is en hy het toe alle planne gekanselleer.

Prinsloo staar aanklagte van hoogverraad, sameswering om deel te neem aan terreurdade, en die besit van onwettige ammunisie in die gesig. Hy is in Desember 2012 saam met Martin Keevy, Mark Trollip en Hein Boonzaaier in hegtenis geneem. Trollip het skuldig gepleit op aanklag van sameswering en is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Keevy is onbevoeg verklaar om verhoor te word. Klagtes teen Boonzaaier is laat vaar.

Die saak duur voort. -SAPA

Lees ook:
Mangaung-samesweerders wou glo KKK nader vir fondse
Mangaung-komplot: Radikale sienings trek polisie se aandag
Magaung-komplot moes ‘Boerevolk tot aksie roep’
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.