Mangaung-komplot: Radikale sienings trek polisie se aandag

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Die radikale sienings van ʼn man wat glo deel was van die beweerde Mangaung-terreurkomplot in 2012 het die polisie se aandag getrek, het die Bloemfonteinse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Regter MH Rampai hoor tans getuienis aan in die hoogverraad- en samesweringsaak teen Johan Prinsloo (50). Prinsloo staar aanklagte van hoogverraad, sameswering om deel te neem aan terreurdade en die besit van onwettige ammunisie in die gesig.

Prinsloo, Mark Trollip (48) en Martin Keevy (49) is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde komplot om die ANC se Mangaung-konferensie in Desember 2012 aan te val. “Ons het besluit om Keevy te ondersoek, wat nog meer radikaal is as die GVR (Geloftevolk Republikeine),” het ʼn agent van die polisie aan Rampai gesê. “Hy wou anargie saai.”

Die staat hou vol dat pres. Jacob Zuma en kabinetministers die teikens was.

Die infiltreerder, wie se naam weens ʼn voorwaardelike hofbevel nie bekend gemaak mag word nie, word tans deur Prinsloo se prokureur, Johann Nel, ondervra. Nel het hoofsaaklik die man se getuienis oor sy oorspronklike bevele om die verregse groep, GVR te infiltreer, getoets. Mnr. A, soos hy deur die staat genoem word, het getuig dat hy Keevy tydens ʼn vergadering by die CVO-skool in Bloemfontein ontmoet het. Hy voer aan dit het nie gelyk of Keevy deel was van ʼn georganiseerde groep nie, maar dat hy as ʼn individu opgetree het.

Die agent het gesê hy het Mark Trollip by ʼn vergadering in Kroonstad ontmoet, waar die Bloemfontein-aanval vir die eerste keer genoem is.

Trollip het reeds skuldig gepleit op ʼn aanklag van sameswering en is verlede jaar tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Trollip het tydens die vergadering gesê hy het reeds mense en wapens vir só ʼn aanval op die ANC se konferensie by die Universiteit van die Vrystaat.

Keevy is in Oktober onbevoeg verklaar om verhoor te word en is nou ʼn pasiënt van die staat.

Die staat voer aan dat Prinsloo, Keevy en Trollip onwettig probeer het om die Suid-Afrikaanse regering omver te werp deur te probeer om wapens en ammunisie te bekom om die land se leiers op 16 Desember 2012 aan te val.

Prinsloo het glo ook probeer om die Boerevolk te help om deur ʼn ongrondwetlike wyse aan bewind te kom.

Die infiltreerder van die polisie het getuig dat hy, ʼn paar weke voor die beplande aanval, Prinsloo in Ficksburg ontmoet het. Dit was in hierdie stadium dat die samesweerders glo probeer het om wapens van Lesotho te bekom.

Die saak duur voort. -SAPA

Lees ook:
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

nag nella ·

Ag asseblief!!!

As hulle almal wat om braaivleis vure staan en die staat se ondergang (Grootliks deur die staat se eie toedoen) bespreek, dan sal hulle almal van Mamelodi Noord en verder tot by Kaapstad moet aankla en toesluit. Dis nou mense van alle rasse en inkomste groepe.

Die hele storie het n geldmaak ding geword vir hierdie sogenaamde agente / informante wie belaglike informant bedrae betaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.