Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor

Martin Keevy. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Martin Keevy. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Martin Keevy, een van die sogenaamde Mangaung-verregses, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word en gaan nie Maandag saam met sy medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn nie.

OFM-nuus berig regter Frans Kruger het Keevy (47) ongeskik verklaar en beveel dat hy vir ʼn onbepaalde tydperk by die Vrystaatse psigiatriese kompleks aangehou word.

Volgens Keevy se regspan, Marius Bruwer en Stefan de Beer van Hugo & Bruwer Prokureurs in Bloemfontein, is Keevy deur vier psigiaters ondersoek wat eenparig bevind het dat hy ongeskik is om verhoor te word.

Hein Boonzaaier (50) van Centurion in Pretoria is verlede maand in die Bloemfonteinse landdroshof van alle aanklagte teen hom vrygespreek.

Die oorblywende twee verdagtes, Johan Prinsloo (49) en Mark Trollip (49), se verhoor begin Maandag. Altesaam 36 mense gaan vir die staat getuig.

Die mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor deur ‘n bom te laat ontplof.

Prinsloo en Trollip staan ​​tereg op aanklagte van hoogverraad en sameswering om dade van terrorisme te pleeg.

Bron: OFM

Lees ook:
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stoere Boer ·

Nog mense waarvan die regering en hul meelopers (Lees regters) ‘n voorbeeld gaan maak. Hulle kan hul maar klaarmaak om soos die Boeremag behandel te word. Sterkte vir hulle want dit gaan ‘n lang pad word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.