Mangaung-komplot: Verdagte pleit

Mark Trollip, tweede van links, en Johan Prinsloo heel regs. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Mark Trollip, tweede van links, en Johan Prinsloo heel regs. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Een van die verdagtes wat aangekla is van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg, het Woensdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof ingestem om ʼn pleitooreenkoms aan te gaan.

Tydens die verhoor van Mark Trollip (48) en Johan Hendrik Prinsloo (49) het staatsaanklaer Torrie Pretorius die inligting oor die pleitooreenkoms, wat tussen die staan en Trollip aangegaan is, voorgehou.

Die mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor met ʼn bomontploffing. Volgens die klagstaat het die verdagtes ook beplan om wapens soos AK-47’s, R1’s en R4’s te bekom om die staatsgreep uit te voer.

In die pleitooreenkoms het Trollip skuldig gepleit op die aanklag van sameswering om terrorismedade te pleeg op voorwaarde dat die staat die aanklag van hoogverraad teen hom terugtrek.

Pretorius het gesê een van die redes dat die staat tot die pleitooreenkoms ingestem het, is omdat niemand hul lewens verloor het nie en geen skade aangerig is nie. Die beskuldigde kon ook nie enige wapens bekom om die daad uit te voer nie.

Pretorius het gesê Trollip, wat die selferkende leier van die Wit Brandwag-groep is, het berou getoon en was bereidwillig om saam met die polisie te werk ná sy inhegtenisname.

Sommige van die planne was onrealisties, maar die staat voel dat, indien die groep se planne suksesvol sou wees, verskeie lewens verloor sou word en dit rassespanning sou veroorsaak.

Regter Mokhube Molemela het Trollip se pleitooreenkoms aanvaar. Trollip is weens die ooreenkoms tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Prinsloo sal ook na verwagting ʼn pleitooreenkoms aangaan. Sy ooreenkoms word nog bespreek.

– SAPA

Lees ook:
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize Mans ·

Ja mense,julle sal seker ook n voorbeeld van gemaak word.Ek wonder hoekom maak hulle nie n voorbeeld van een van die moordenaars wat ons bejaardes se wreed aanrand en vermoor nie..?
Hang die moordenaars,en maak van hulle n voorbeeld.,want hulle verdien die doodstraf.Maar julle sal seker ook 35 jaar kry.Sterkte mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.