Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag

Die twee verdagtes verlede week in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Die twee verdagtes verlede week in die hof. Foto: Sabrina Dean / Central Media Group

Mark Trollip (48) en Johan Hendrik Prinsloo (49) wat van hoogverraad aangekla word, gaan moontlik vandag in die hooggeregshof in Bloemfontein hoor of hulle ʼn pleitooreenkoms gaan aangaan. Die mans se verhoor sou op 18 November begin het.

Tydens die twee mans se vorige hofverskyning het staatsaanklaer Tory Pretorius gesê die staat is besig met onderhandelinge wat die hofsaak aansienklik kan verkort.

Die twee staan tereg op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg. Die mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor met ʼn bomontploffing. Volgens die klagstaat het die verdagtes ook beplan om wapens soos AK-47’s, R1’s en R4’s te bekom om die staatsgreep uit te voer.

Lees ook:
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cyberjerk Ingram ·

Die staat fabriseer sake en laat dit lyk of jy lewenslank kan sit, en dan om jou skuldig te laat pleit gee hulle jou die opsie om ‘n pleabargain aan te gaan met bv ‘n 8 jaar straf en dan gryp die ouens dit. Net solank hulle nie lewenslank hoef te doen nie. Dis vuilspel, selfs terrorisme, van die staat se kant.

leon ·

Ek weet sommer hulle gaan 10 jaar of meer kry. Hulle vel kleur is verkeerd. n sekere Mcbride het jong onskuldige mense in Durban afgemaai en hy word n hoe profiel pos aangebied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.