Mangaung: NUK verkies

Foto van die ANC-leierskorps Foto deur @MyANC_ op Twitter gelaai

Die ANC se verkiesingskommissie het Donderdag die name van die persone wat tot die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verkies is, bekendgemaak.

‘n Hele aantal kabinetministers en Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie, is by die nuwe NUK ingesluit. Thobile Thomas, verkiesingskommissaris, het die name by die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung bekendgemaak, berig EWN.

Kabinetministers wat verkies is, is minister van openbare ondernemings Malusi Gigaba, minister van openbare dienste Lindiwe Sisulu, minister in die presidensie Collins Chabane, minister van justisie Jeff Radebe, minister van binnelandse sake Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie Derek Hanekom, minister van finansies Pravin Gordhan, minister van polisie Nathi Mthethwa en speaker van die parlement Max Sisulu.

Voormalige goewerneur van die reserwebank, Tito Mboweni, en Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, is ook verkies. Zizi Kodwa, Rob Davies, Sdumo Dlamini, Tina Joemat-Pettersson, Tony Yengeni en Winnie Madikizela-Mandela is ook tot die NUK verkies.

Van die bekendes wat nié verkies is nie, is Fikile Mbalula, Tokyo Sexwale, Mathews Phosa en Paul Mashatile. Politici wat hul nominasies van die hand gewys het is Kgalema Motlanthe, Trevor Manuel en Jeremy Cronin.
Die nuwe NUK-lede is versoek om op die verhoog te verskyn en hul plek agter die nuutverkose top ses beamptes in te neem.

Lees ook:
Mangaung: Malema se brief “te laat”
Mangaung: AgriSA se stalletjie groot sukses
Mangaung: Volledige uitslae
Mangaung: President, adjunkpresident verkies
Mangaung: Hier is die top 6 nominasies
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.