Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê

Alfie Heeger, ‘n sakeman by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung, het Sondag sy geld teruggeëis, aangesien hy voel hy is ‘ingedoen’.

“Ek gaan kla en my geld terugeis. Die konferensie begin baie laat en dit is nie georganiseerd nie,” het Alfie Heeger, besturende direkteur van African Sanitation, ‘n maatskappy wat sonkragtoilette bou, gesê. “Ek en kollegas het die ontbyt gemis omdat die vervoer wat ons hierheen moes bring, ‘n gemors is.”

Heeger se maatskappy is een van die talle ondernemings wat duur betaal het om die konferensie by te woon. Maatskappye het ten minste R500 000 betaal om Saterdagaand tydens die gala-ete langs president Jacob Zuma en ander top ANC-leiers te sit.

Sommige afgevaardigdes het Sondagoggend ‘n uur ná die konferensie moes begin het, nog steeds in ‘n ry gestaan vir ontbyt. Na bewering hou afgevaardigdes van Noordwes die registrasiebeamptes besig. Sowat 2 000 afgevaardigdes bly op die kampus en meeste het eers hul kamers gaan soek voordat hulle vir ontbyt opgedaag het. “Jy kan nie ‘n konferensie hou sonder konferensiegangers nie,” het ‘n ANC-beampte gesê.

Lees ook:
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trudie ·

Meneer Heeger, wat wou julle in elk geval daar maak? As jy jou wil skaar by die nuwe Suid-Afrika, moet jy bereid wees om dit te vat soos wat hul kultuur is! Niks is georganiseerd en alles is ‘n gemors. So kry vir jou waarvoor jy gesoek het!

Hennie Kruger ·

Ja Meneer Heeger,my Skoonpa het altyd gese,meng jou met die semels,dan vreet die VARKE jou op!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.